Die saak teen oudpresident Jacob Zuma, wat Maandag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg voortgesit is, is nou eers weer tot 17 Oktober uitgestel. Die saak hou verband met die wapenskandaal.
Die korrupsiesaak teen Zuma en die Franse wapenvervaardiger Thales is vroeër in Mei ook uitgestel omdat Zuma aansoek gedoen het dat adv. Billy Downer hom aan die saak onttrek. Zuma meen Downer is bevooroordeel.
Zuma staan tereg op aanklagte van bedrog, rampokkery en geldwassery en het onskuldig gepleit.
Zuma het ook nie vandag in die hof verskyn nie en die Jacob Zuma-stigting sê omdat vandag se verrigtinge in die hooggeregshof slegs gedien het om die volgende verhoordatum te bevestig, sou hy nie die verrigtinge bywoon nie.



