’n Verdagte het glo homself geskiet nadat hy besef het hy is deur gemeenskapslede in ’n hoek gedryf kort nadat hy na bewering ’n gewapende roof by ’n spaza-winkel in Madonsi Xikhulu Village, Limpopo, gepleeg het.
Die verdagte, gewapen met ‘n pistool, het glo Saterdag, 23 Julie omstreeks 17:45 die plaaslike spaza-winkel binnegegaan en kontant van die eienaar geëis.
Volgens die polisie het ‘n klant tydens die konfrontasie opgemerk wat gebeur en hulle en ander gemeenskapslede gewaarsku.
Die gemeenskap het die vermeende rower agternagesit wat aanhoudend op hulle geskiet het.
Toe die verdagte agterkom dat hy nie ‘n uitweg het nie, het hy homself na bewering geskiet en gewond. Die vuurwapen is ook teruggevind.
Die polisie het ‘n saak van besigheidsroof en die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie geopen.
Die 29-jarige verdagte wat homself geskiet het, is onder polisiebewaking in die hospitaal opgeneem.
Hy sal na verwagting in die plaaslike landdroshof verskyn sodra hy herstel.
Bronne: MSN, The South African, IOL
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: ADT-sekuriteitswag aan diens doodgeskiet in Claremont



