‘n Laerskoolseun (11), van Laerskool Generaal Nicolaas Smit in Pretoria, is tans in die intensiewesorgeenheid by die hospitaal ná hy Vrydag ‘n hartaanval by die skool gehad het.
In ‘n verklaring wat deur die skool uitgereik is, sê die skool die seun het op pad na die badkamer inmekaargesak.
Die skool se personeel en onderwysers was eerste op die toneel en het dadelik noodhulp op die seun toegepas.
Best Care Ambulance was ook vinnig op die toneel en die skool bedank die ambulansdiens vir sy flink optrede.
Die skool gaan voort en sê dis belangrik om te besef watter groot rol noodhulp by ‘n skool speel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



