Boer van Ermelo kry borg

Dit volg nadat twee kinders, onderskeidelik 10 en 12 jaar oud, glo in die hospitaal beland het nadat Grobler hulle na bewering met sy voertuig op sy plaas op Ermelo omgery het.

Die boer van Ermelo, Louis Grobler (41), wat daarvan beskuldig word dat hy twee kinders omgery het en ‘n derde een aangerand het, het borgtog gekry.

Grobler het Dinsdag in die landdroshof op Ermelo verskyn waar hy op borgtog van R30 000 vrygelaat is.

Dit volg nadat twee kinders, onderskeidelik 10 en 12 jaar oud, glo in die hospitaal beland het nadat Grobler hulle na bewering met sy voertuig op sy plaas op Ermelo omgery het. Hy het glo ook ‘n 13-jarige aangerand.

Die voorval het op 15 Julie plaasgevind.

Louis Johannes Grobler het op 20 Julie deur sy prokureur Mario Jungbluth tydens sy borgtogaansoek gesê: “Ek ontken kategories dat ek probeer het om die meisies te vermoor. Terwyl ek bestuur het, het die slagoffers uit die niet te voorskyn gekom. Ek het remme aangeslaan, maar hulle is beseer.”

Grobler het gesê hy het die polisie en ‘n ambulans ná die voorval ontbied.

Die 41-jarige boer het na bewering die drie kinders – onderskeidelik 10, 11 en 13 jaar oud – beskuldig van diefstal op ‘n plaas waar die kinders en hul ouers in die Mpumalanga-dorp woon.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.