Twee dood in nog ‘n skietvoorval by taverne

Deel hierdie storie / Share this story

Twee mense is doodgeskiet en sewe ander beseer toe onbekende verdagtes die naweek op ‘n taverne in GaRankuwa toegeslaan het.

Die verdagtes, wat glo in ‘n silwer VW Polo gery het, het skote in die taverne in GaRankuwa afgevuur.

Suid-Afrikaners verkeer nog in skok na die onlangse skietvoorvalle in tavernes in die land die afgelope paar weke.

Sestien mense is by ‘n taverne in Nomzano Park doodgeskiet na onbekende verdagtes ook daar skote begin afvuur het. Families van die slagoffers van die skietvoorval in Soweto smeek die polisie om die skuldiges vas te trek. Vier mense is ook verlede week in ‘n skietvoorval by ‘n taverne in Pietermaritzburg doodgeskiet.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel