Die Britse supermodel Kate Moss het in ‘n onlangse onderhoud met BBC se Desert Island Discs gepraat oor haar getuienis in die saak tussen Johnny Depp en sy eks-vrou Amber Heard.
Moss is in Mei vanjaar as getuie geroep oor haar verhouding met Depp nadat Heard daarna verwys het. Heard het tydens kruisondervraging verwys na ‘n voorval waar Depp glo vir Moss van ‘n trap afgestamp het.
Moss het egter in die hof gesê Depp het haar nooit gestamp nie en dat sy bloot daardie dag gegly het.
In die radio-onderhoud met BBC sê Moss dat sy “die waarheid oor Johnny ken “en dat sy die waarheid moes praat.
“Ek glo in die waarheid. Ek glo in regverdigheid en geregtigheid. Ek weet die waarheid oor Johnny. Ek weet hy het my nooit van die trappe af gestamp nie. Ek moes net die waarheid praat.”
Luister hier na die onderhoud:
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



