Skool in rou na skielike dood van oud-leerling

Oranje betuig sy innige meegevoel met al Helené se geliefdes.

Oranje-meisieskool in Bloemfontein het hul meegevoel teenoor ‘n oud-leerling, wat skielik oorlede is, se geliefdes op hul Facebook-blad gedeel.

Volgens ‘n inskrywing op dié skool se blad, is Helené Jansen van Rensburg, ‘n 2021-matrikulant, Saterdagoggend aan ’n hartaanval oorlede.

Sy was ‘n student aan die Luitingh Alexander Musical Theatre Academy in Kaapstad.

“Helené was ‘n baie spontane dogter. Altyd vriendelik, wou altyd met ‘n mens gesels en het altyd ‘n storietjie gehad om te vertel,” onthou me. Alta Roodt, verlede jaar se graadhoof, haar.

“Sy was baie betrokke by kultuur en het die koor en Con Spirito-sanggroep so baie geniet!

“ ‘n Mens het nooit geweet dat sy swaargekry het met haar hart nie. Ek onthou haar mooi glimlag so goed.”

Helené het behalwe sang ook verlede jaar redenaars as skoolaktiwiteit beoefen.

Oranje betuig sy innige meegevoel met al Helené se geliefdes.

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.