Robbie Kruse bedank na alle grappies op ‘n stokkie moet wees

Kruse is aangesê om eerder vir luisteraars nuus en aktualiteit met hul ontbyt te voer.

Foto: Facebook

“Jy word aangestel om losskakel te speel, want jy is ‘n losskakel. Dan kom jy daar en jy word gevra om flank te speel. Jy speel dan flank, en doen dit tot die beste van jou vermoë, want jy wil die sport speel waaroor jy passievol is. Maar, jy kom dan agter jy is nie die wêreld se beste flank nie – en jy WIL losskakel speel, want dit is wat jy wil doen en waarin jy goed is. Nie om flank te speel nie.” So verduidelik Kruse sy bedanking by RSG.

In ‘n onderhoud met Rapport vertel Kruse dat die opdrag was om RSG-luiteraars soggens met ‘n grappie en geselsie wakker te maak, net vir die ringkoppe om weke later te besluit die Op en Wakker-span moet eerder alle grappies op ‘n stokkkie los.

As gevolg hiervan het Kruse besluit om sy droompos by RSG na slegs vier maande te groet.

Kruse is aangesê om eerder vir luisteraars nuus en aktualiteit met hul ontbyt te voer en het “gevoel hy speel uit posisie.”

Kruse vertel hy sou nooit ja gese het vir die pos as RSG aan die begin vir hom gesê het om die tipe werk te doen wat hy nou doen nie en dat die besluit om te bedank geensins vir hom maklik was nie.

Kruse sal eerskomende Vrydag vir die laaste keer deel van die ontbytprogram Op en wakker se span wees.

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.