Slagoffers van ontvoering en rooftog oorleef

Deel hierdie storie / Share this story

Drie slagoffers, ‘n vrou (45), haar 18 maande oue baba en haar kinderoppasser (31) het ‘n ontvoering en rooftog oorleef en kan moontlik help dat die polisie die skuldiges vastrek.

Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, sê die drie slagoffers is glo om 19:30 op 19 Julie in hulle huis op Buffelspruit oorval.

Die drie gewapende en gemaskerde mans het die slagoffers met vuurwapens gedreig en gesê hulle soek geld, selfone, bankkaarte en motorsleutels.

Volgens brig. Mohlala moes die vrou ook ‘n transaksie op haar selfoon aangaan om geld vir die aanvallers oor te betaal. Een van die mans het glo ook die geld gaan trek.

“Die slagoffers is na bewering in ‘n goue Toyota Run-X geboender en is toe die bos by Hectorspruit ingeneem.

Omstreeks 03:00 die volgende oggend het die aanvallers aan die slagoffers gesê om te loop en nie om te kyk nie.

Brig. Mohlala sê die slagoffers het van daar af ‘n rygeleentheid gekry en ‘n saak by die Schoemansdal-polisiestasie gaan open.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel