Theuns du Toit, ‘n student aan die Universiteit Stellenbosch, is skuldig bevind aan die oortreding van dié universiteit se dissiplinêre kode.
Du Toit is vroeër tydelik by die universiteit geskors na ‘n insident waartydens hy op ‘n medestudent se besittings geürineer het.
‘n Video van die voorval is op sosiale media gedeel.
Die universiteit het Dinsdag aangekondig dat hy Du Toit skuldig bevind het vir die oortreding van die universiteit se dissiplinêre kode. Hy mag nie sy studies aan die universiteit voortsit nie.
Du Toit is ook uit die koshuis geskors.
Die universiteit se prof. Deresh Ramjugernath sê die universiteit het die saak in ‘n baie ernstige lig beskou.
Du Toit het vyf dae om appèl teen die skorsing aan te teken.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



