André Pienaar glo in tronk aangerand

Deel hierdie storie / Share this story

André Pienaar, die boer wat in hegtenis geneem is en nou tronkstraf uitdien ná die protes by Senekal, is glo Woensdag in die tronk aangerand.

Pienaar is op 24 Maart vanjaar tot 10 maande tronkstraf gevonnis in die hof op Betlehem.

Pienaar het tydens sy verhoor ‘n pleitooreenkoms met die staat aangegaan.

Sers. Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, het pas aan FiND iT bevestig hy is glo deur ‘n tronkbewaarder aangerand.

“Die gevangene is glo deur ‘n tronkbewaarder aangerand na ‘n argument uitgebreek het oor die dra van ‘n masker.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel