Die boer wat daarvan beskuldig word dat hy twee kinders omgery het en ‘n derde een aangerand het, het in die landdroshof in Ermelo gesê dat hy nie bedoel het om hulle te beseer nie.
Louis Johannes Grobler het Woensdag deur sy prokureur Mario Jungbluth tydens sy borgtogaansoek gesê: “Ek ontken kategories dat ek probeer het om die meisies te vermoor. Terwyl ek bestuur het, het die slagoffers uit die niet te voorskyn gekom. Ek het remme aangeslaan, maar hulle is beseer.”
Grobler het gesê hy het die polisie en ‘n ambulans ná die voorval ontbied.
Die 41-jarige boer het na bewering die drie kinders – onderskeidelik 10, 11 en 13 jaar oud – beskuldig van diefstal by ‘n plaas waar die kinders en hul ouers in die Mpumalanga-dorp woon.
Hy staan tereg op twee aanklagte van poging tot moord en een van aanranding met die doel om ernstig te beseer.
Sy saak is tot Vrydag uitgestel.
Bronne: Sowetan LIVE, MSN, 15 Minute News
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Elektrisiteitssubstasie blaas in Joburg-man se gesig op toe hy glo krag onwettig wou koppel



