Parow-gemeenskapsaktiviste en die polisie se teenbende-eenheid (AGU) versoek die publiek se hulp om die liggame van twee onbekende mans wat onder ‘n brug in Parow gevind is, te identifiseer.
Die twee slagoffers se liggame, met steekwonde, is Maandag toegedraai in komberse gevind.
Joseph Swartbooi, polisiewoordvoerder, sê albei slagoffers is deur mediese personeel op die toneel dood verklaar.
“Die Parow-polisie het Maandag 18 Julie 2022 op ‘n klag gereageer. Met hul aankoms op die toneel in Cloetestraat het hulle die liggame van twee onbekende mans gevind wat in komberse toegedraai was wat steekwonde aan hul liggame opgedoen het,” het Swartbooi gesê.
Bronne: MSN, Cape Talk, IOL
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Seun verdrink in die Krugerwildtuin



