Phala Phala-sage: Openbare beskermer beplan glo om Ramaphosa te dagvaar

Deel hierdie storie / Share this story

President Cyril Ramaphosa gaan dalk geen ander keuse hê as om vrae te beantwoord oor wat presies op Phala Phala gebeur het nie, aangesien advokaat Kholeka Gcaleka glo beplan om hom te dagvaar.

Die openbare beskermer, advokaat Busisiwe Mkhwebane, wat tans geskors is, het ‘n ondersoek na die skandaal van stapel gestuur nadat sy ‘n klag ontvang het.

Gcaleka, Mkhwebane se adjunk, moes die leisels oorneem nadat Ramaphosa haar (Mkhwebane) geskors het.

Busisiwe Mkhwebane het in Junie vrae aan president Cyril Ramaphosa oor die Phala Phala-plaasskandaal ingedien, maar hy het gevra vir uitstel tot Maandag 18 Julie 2022.

In ‘n verklaring het die kantoor van die openbare beskermer gesê Ramaphosa het nog uitstel gevra, wat geweier is.

Nou sal Ramaphosa ‘n dagvaarding ontvang, wat hom sal dwing om binne ‘n tydperk van sewe dae ‘n antwoord te gee.

“Die PPSA wil die publiek gerusstel dat die saak aan die gang bly en dat daardie ander ondersoekinstrumente en metodes aangewend word om die waarheid van die bewerings wat tot die ondersoek gelei het, vas te stel. Geen verdere openbare kommentaar met betrekking tot die aangeleentheid sal gemaak word nie, in ‘n poging om die integriteit van die ondersoek te beskerm. Dit is omdat die ondersoek van sulke sake in die oog van die publiek die risiko inhou om ondersoeke in gevaar te stel,” het Gcaleka gesê.

Bronne: MSN, The South African, SABC

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Metanol gevind in Enyobeni-taverne-slagoffers, onthul EG-regeringsamptenare