Die tiener wat amper twee weke lank vermis was, is gevind en is veilig.
Magda Janse van Rensburg se 15-jarige kleindogter Charlotte Croukamp is gevind nadat sy op Dinsdag 5 Julie omstreeks 12:00 vermis geraak het vanaf Girls Town waar sy woon.
Van Rensburg sê sy is baie bly haar kleindogter is veilig en dat sy Charlotte teen enige gevaar wil beskerm.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



