Die polisie ondersoek steeds die dood van ‘n man wat gesterf het nadat hy glo ‘n hele bottel Jägermeister gedrink het om R200 in ‘n taverne in Limpopo te wen.
Die man is dood kort nadat hy die hele bottel Jägermeister gedrink het.
Die voorval het gebeur by die taverne genaamd Blue Corner Car Wash & Liquor Restaurant in Ha-Mashamba Village naby Elim in Limpopo.
Jägermeister is ‘n Duitse likeur gemaak met 56 verskillende kruie en plantaardige produkte. Dis die eerste keer in 1934 gemaak. Die drank bevat 35% ABV, wat relatief hoë alkoholinhoud vir ‘n likeur is.
Volgens brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, is die polisie steeds besig met ‘n geregtelike doodsondersoek. Hy het gesê niemand is nog in hegtenis geneem nie.
“Die polisie op Waterval buite Louis Trichardt het ‘n geregtelike doodsondersoek aanhangig gemaak na ‘n voorval van oënskynlike alkoholmisbruik wat plaasgevind het by een van die plaaslike drankwinkels in die Mashamba-dorpie waar die klante na bewering deelgeneem het aan wat hulle ‘n ‘drinkkompetisie’ genoem het.
Die wenner wat die hele bottel Jägermeister binne ‘n bepaalde tyd kon opdrink, sou R200.00 kontant kry. Een van hulle het onmiddellik na die drink daarvan ineengestort en is na die plaaslike kliniek geneem waar hy dood verklaar is.”
Mojapelo het gesê die voorval het na bewering Sondag 10 Julie 2022 omstreeks 23:30 plaasgevind. Die polisie-ondersoek duur voort.
Bronne: MSN, The South African, Facebook
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Geliefde plaaslike dokter sterf tydens drag racing op Killarney



