Die familie van ‘n vermiste 70-jarige Kaapstadse man wat Alzheimer se siekte het, doen ‘n beroep op die publiek om hom te help opspoor.
Gus Thompson het op Donderdag 14 Julie vermis geraak en is laas naby Michelle-meer in Noordhoek gesien. Hy is lank en maer met kort, grys hare.
Gus is laas gesien ib ‘n swart pofbaadjie, blou jeans en drafskoene.
Volgens sy dogter Alice Thompson het hy demensie.
“Gus word steeds vermis. Die waarnemings van Sondag in die Constantia/Plumstead-omgewing is as vals waarnemings bevestig. Die fokus van die soektog is nou terug na die Chapman’s Peak-area, hoewel ons nou glo dat hy dalk in ‘n motor geklim het. Ander gebiede van Kaapstad kan dus nie uitgesluit word nie. Ek smeek jou weereens om asseblief nie kommentaar te lewer met boodskappe van liefde en ondersteuning nie. Ons waardeer die boodskappe, maar belangrike inligting oor waarnemings raak verlore in die geraas,” het Alice Thompson gesê.
Sy het mense versoek om sy foto te deel en boodskappe via Whatsapp te stuur as jy hom gesien het.
“Baie dankie vir al die vrywilligers wat soveel tyd afgestaan het om te help soek. Ons is oorweldig deur die reaksie van die wonderlike Kaapstadse gemeenskap,” het Alice Thompson gesê.
Bronne: MSN, The South African, Economy24
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



