Tientalle seeskilpaaie is doodgesteek langs ‘n Japanese eiland.
Die skilpaaie het in ‘n visserman se visnette verstrengel geraak. Tussen 30-50 groen seeskilpaaie is luidens Breaking7 dood of sterwend, met steekwonde aan hulle nekke en elders, op ‘n strand in die afgeleë Kumejima-eiland, gevind. Dié eiland is ongeveer 1600 km suidwes van Tokia.
‘n Senior persooneellid by Kumejima Umigame-kan, ‘n plaaslike seeskildpadbewaringsinstansie, het gesê dit was ‘n “gruwelik toneel”.
“Seeskilpaaie is saggeaarde wesens en hulle beweeg weg wanneer mense hulle nader,” het Tsukakoshi Dinsdag aan AFP gesê. “Ek kon nie glo dit kan in hierdie dag en eeu gebeur nie.”
Die visserman het glo erken hy het eers die skilpaaie probeer bevry, maar nadat hy met hulle gesukkel het, het hy hulle begin steek sodat hulle kan verswak. Hy is nou glo spyt en vrees vir sy lewe.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



