Twee vas na kontant, selfone glo by Saterdag se wedstryd gesteel is

Deel hierdie storie / Share this story

Twee persone is tydens Saterdag se rugbywedstryd in hegtenis geneem na hulle glo in die besit van R3 500 kontant en ses selfone gevind is.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, sê by Saterdag se rugbywedstryd met meer as 53 000 toeskouers, was daar kriminele wat op van die toeskouers toegeslaan het.

Die Springbokke het die afgelope Saterdag teen Wallis gespeel.

“Ons lede was waaksaam vir grypdiewe en het twee persone baie verdag sien optree,” sê hy. “Beide persone is na ‘n privaat plek geneem waar hulle ondervra is. Die ondervraging het daartoe gelei dat ons ‘n totaal van R3 500 en ses selfone by die persone gevind het, waarvoor hulle geen redelike verduideliking kon gee nie.”

Hy sê die 32- en 33-jarige persone is in hegtenis geneem op aanklagte van diefstal en die besit van vermoedelik gesteelde goedere. Hulle is aan die polisie oorhandig vir verdere ondersoek.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.