’n Driejarige seuntjie wat deur sy ma as sonskyn beskryf word, is dood nadat hy deur ’n trekker op ’n plaas getref is.
Die tragiese voorval het Saterdag gebeur.
Leah, die ma van die blondekopseuntjie, Albie, het hom beskryf as ‘n liefdevolle omgeekind, ‘n “klein sonskynseuntjie” ná sy dood Saterdag.
Albie se familie het ‘n ambulans voorgekeer toe hulle omstreeks 12:45 met die beseerde seuntjie na die hospitaal op pad was ná die voorval op plaasgrond in Bury, Groter Manchester, Engeland gebeur het.
Die polisie het gesê ‘n ondersoek is met die hulp van die trekkerbestuurder aan die gang.
Klein Albie is deur paramedici dood verklaar voordat hy vir behandeling in ‘n hospitaal opgeneem kon word.
Bronne: MSN, The South African, Daily Star
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.
Lees ook: Ontvoerde pa vermoor in ‘n voertuig in Bloemfontein gevind



