Daar word vermoed dat ‘n Suid-Afrikaanse vrou vir meer as twee jaar in haar woonstel in Londen dood was voor haar liggaam in Februarie vanjaar gekry is.
Daily Mail het onlangs die enigste beskikbare foto van die 61-jarige Sheila Seleoane beskikbaar gemaak na haar familie in Suid-Afrika na hulle uitgereik het.
Volgens die polisie is Seleoane vermoedelik in 2019 dood, maar haar liggaam is eers in Februarie vanjaar gekry. Dit volg ná bure glo gekla het oor die reuk wat vanuit haar woonstel gekom het.
Volgens Daily Mail het inwoners van die woonstelblok geglo die vlieë en maaiers wat in die gebou gesien is, is weens dreinprobleme.
Haar posbus was oorvol en ‘n kennisgewing van maande gelede was steeds aan haar deur vasgeplak.
Seleoane se liggaam was op die bank geposisioneer en Daily Mail berig daar was afgeblaasde pienk ballonne rondom haar.
Die polisie glo Seleoane is dood weens natuurlike oorsake en vermoed geen vuilspel nie.
Haar oorskot is na haar familie in Suid-Afrika geneem.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



