Die ANC het vroeg Sondagoggend bekendgemaak Jessie Duarte, adjunk-sekretaris-generaal van die ANC, is op die ouderdom van 68 jaar oorlede.
Die ANC het in ‘n verklaring gesê Duarte was sedert November verlede jaar met siekverlof en het behandeling vir kanker ontvang.
“Duarte se dood is nie net ‘n groot verlies vir die familie nie, maar ook die demokratiese beweging in die land,” sê Pule Mabe, nasionale woordvoerder vir die party.
“Sy het haar lewe daaraan gewy om ‘n verenigde, demokratiese, nie-rassige, nie-seksistiese land teweeg te bring. Sy was ‘n aktivis vir geslagsgelykheid en die bemagtiging van vroue.”
Duarte was sedert 2012 die sekretaris-generaal van die ANC.
Sy laat haar kinders, kleinkinders, sibbe en familie agter.
Mabe sê Duarte sal Sondagmiddag volgens Moslem-rituele in Johannesburg begrawe word.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



