Tiener sterf by pretpark

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Tienermeisie (14) is by ‘n pretpark in Denemarke dood toe ‘n waentjie ontspoor het.

Die voorval het by die Tivoli Friheden-pretpark plaasgevind.

Nog ‘n 13-jarige is tydens die voorval beseer.

Henrik Ragborg Olsen, direkteur by die park, sê die ongeluk het plaasgevind toe ‘n waentjie van die park se tuimeltrein af losgekom en van sy spoor af gegaan het.

Ná die tragiese voorval moes alle besoekers die park verlaat en is die park gesluit.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.