Die sterftesyfer ná die skietery wat op 10 Julie in die Nomzamo- informele nedersetting plaasgevind het, is nou amptelik 16.
Nog ‘n slagoffer is Dinsdag in die hospitaal dood.
Gewapende verdagtes het vroeg Sondagoggend by ‘n taverne in Orlando-Oos ingestorm en op ‘n groep jongmense begin skiet. Die verdagtes het in ‘n wit minibus van die toneel gevlug.
‘n Span ondersoekers werk saam met misdaadintelligensie om vas te stel wat die motief after die moorde was en is vasbeslote om die skuldiges vas te trek.
Die polisie doen ‘n beroep op enigiemand met inligting om hul by 08600 10111 te kontak.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



