Die polisie ondersoek twee sake van strafbare manslag na twee onbekende persone deur voertuie doodgery is.
Die polisie sê in die eerste voorval wat omstreeks 19:15 Maandagaand plaasgevind het, is ‘n 18-jarige persoon op die R82 naby die Vaal-krieketklub doodgery.
Die oorledene het ‘n wit hemp en ‘n blou denimbroek aangehad.
In die tweede voorval wat Woensdagoggend om 06:10 plaasgevind het, het die polisie ‘n oproep ontvang oor ‘n man se lewelose liggaam wat op die R59 lê.
“Toe die polisie op die toneel aankom, het hulle ‘n man van ongeveer 37 jaar oud langs die pad sien lê.”
Die man het ‘n blou baadjie, ‘n swart broek en wit tekkies aangehad.
Die polisie kon geen identifikasie by enige van die twee slagoffers kry nie en doen nou ‘n beroep op die gemeenskap om konst. Stephen Litseo by 067 004 9783 te kontak indien hulle van iets weet of vermiste familielede het.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



