Die ding wat jou grimering kan maak of breek, is lipstiffie.
Hier is ‘n paar wenke om seker te maak jy kies die perfekte skakering vir jou gesig.
As jy ‘n ligte vel het, probeer ligpienk, koraal, perskekleure, naakte kleure (nude) of beige.
As jy ‘n koel ondertoon het, probeer ‘n sagte mocha en naakte kleure (nude).
As jy ‘n warm ondertoon het, probeer vaalpienke, of ‘n naakte kleur met ‘n titseltjie perskekleur.
As jy ‘n mediumkleur vel het, probeer ‘n rooskleur, mauve, of bessieskakerings.
Vir ‘n meer treffende voorkoms, kan jy altyd ‘n lipglans bo-oor jou lipstiffie probeer.
As jy die regte kleurskakerings vir jou gesig wil vasstel, klik hier en doen ‘n gratis aanlyn toets om jou ondertoon vas te stel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



