Drie verdagtes van onderskeidelik 24, 27 en 31 is in Vaal Marina in hegtenis geneem na ‘n gesin Sondag op hulle plot aangeval is.
Die polisie sê hulle het Sondag inligting ontvang van ‘n plaasaanval en huisroof wat op ‘n plot naby Heidelberg plaasgevind het.
Privaatsekuriteitsmaatskappye het saam met die polisie na die toneel gegaan.
Die span het drie gewapende verdagtes gesien wat met die slagoffers se Ford Ranger-bakkie gery het.
‘n Jaagtog het daartoe gelei dat die verdagtes beheer oor die voertuig verloor het en in ‘n hek vasgery het.
Al drie verdagtes is vasgekeer en in hegtenis geneem.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



