Die polisie is op soek na ’n groep mans, gewapen met gewere en 9mm-pistole, wat Sondagoggend omstreeks 00:30 ’n taverne in Soweto binnegegaan het en blindelings begin skiet het.
Kol. Dikamatso Sello, polisiewoordvoerder, sê 23 mense is raakgeskiet, waarvan 12 op die toneel dood verklaar is, 11 na die hospitaal geneem is en twee later dood in die hospitaal verklaar is.
“Die polisie ondersoek tans 14 sake van moord en nege van poging tot moord.”
Sello sê die polisie veroordeel die voorval en ’n span speurders, onder leiding van majoor-generaal Mbuso Khumalo, adjunk-provinsiale kommissaris: misdaadopsporing. “Ons sal alles in ons vermoë doen om die verdagtes op te spoor.”
Enigiemand met inligting kan die polisie by 10111 bel of die wenk deur die MySAPS-app gee. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



