14 mense is dood in ‘n skietaanval in ‘n taverne in Soweto

Deel hierdie storie / Share this story

Altesaam 14 mense is al dood nadat gewapende mans glo by die Nomzamo Park-taverne in Soweto ingestap en blindelings begin skiet het. 

Lt. gnrl. Elias Mawela, polisiekommissaris van Gauteng, het bevestig die skietery het net na middernag Sondagoggend plaasgevind. 

Mawela het gesê speurders is op die toneel en hulle skat dat die ouderdomsgroep van die mense wat geskiet en vermoor is tussen 19 en 35 is.

“Mense het hulle by die taverne geniet en skielik het hulle geweerskote gehoor en ander het gedink dat daar buite geskiet word. Dit is eers toe hulle besef het dat mense besig is om dood te val toe hulle gemaak het of hulle ook dood of beseer is en ook op die grond geval het,” het Mawela gesê.

Die verdagtes het glo in ’n Toyota Quantum gevlig. 

Dié voorval volg net weke nadat 21 tieners tragies by die Enyobeni-taverne onder vreemde omstandighede dood is. Vrydagaand is nog twee mense doodgeskiet en vyf gewond by ’n taverne in Kwanele Kathlehong.

*Dit is ’n ontwikkelende storie. 
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.