’n Ma van Durban wat beskuldig word dat sy haar kleuter vermoor het deur haar met ’n houtkoekroller aan te rand, het Woensdag ’n derde verskyning in die hof gemaak.
Volgens Natasha Kara, die provinsiale woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, het die beskuldigde vlugtig in die Durbanse landdroshof verskyn.
“Die saak is tot 10 Augustus uitgestel sodat die staat ’n bed kan bespreek vir die beskuldigde om sielkundige evaluasie te ondergaan.” Kara het gesê die vrou is in polisie-aanhouding.
Die 33-jarige beskuldigde word aangekla van die moord op haar driejarige dogter op 31 Mei. Sy kan nie geïdentifiseer word nie, want sy het nog ‘n minderjarige kind.
Ten tyde van die voorval het polisiewoordvoerder lt.kol. Nqobile Gwala gesê die polisie het omstreeks 20:00 na ‘n woonstel in Dr. Yusuf Dadoostraat gegaan nadat hulle ‘n klag ontvang het.
“Met aankoms het die polisie die liggaam van ‘n driejarige meisie met wurgmerke gevind. Daar word beweer die ma het die slagoffer ook met ’n houtkoekroller op die gesig en kop aangerand.”
Die polisie het gesê die motief vir die moord is onbekend.
Bronne: Daily News, IOL, ECR
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.
Lees ook: Man wat by Menlyn Mall val, sterf



