Nomia Ndlovu terug in die hof

Deel hierdie storie / Share this story

Die veroordeelde reeksmoordenaar Rosemary Nomia Ndlovu moet Donderdagoggend in die Kemptonpark-landdroshof oor twee verskillende sake verskyn.

Ndlovu word daarvan aangekla dat sy beplan het om haar polisiekollegas te vermoor. Sy dien tans ses lewenslange vonnisse uit vir moord, poging tot moord, regsverydeling en bedrog.

Die voormalige polisievrou het ses familielede vermoor terwyl sy beplan het om sewe ander dood te maak om lewensversekering te eis.

In die eerste saak teen haar word sy nou daarvan beskuldig dat sy haar kollega, kol. Nthipe Boloka, en die ondersoekbeampte wat aan haar saak gewerk het, sers. Benneth Mabu Nda, geteiken het.

Haar medebeskuldigde in dié saak is op die vlug en ‘n lasbrief vir haar inhegtenisneming is uitgereik. In die tweede saak word Ndlovu daarvan aangekla dat sy met ‘n kollega, Nomsa Mudau, saamgesweer het om dié se man, Justice Mudau, te vermoor.

Tydens haar laaste hofverskyning het Ndlovu se regshulpverteenwoordiger vir Ndlovu homself aan die hof voorgestel. Die saak is uitgestel sodat hy met sy kliënt kan konsulteer.

Bronne: MSN, eNCA, EWN

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Lees ook: Veroordeelde moordenaar Nomia Ndlovu terug in die hof op nuwe aanklagte