’n Pasgebore babadogtertjie het oorleef nadat sy vroeër die week in ’n openbare toilet in Mqanduli, Oos-Kaap, gestort is.
Volgens polisiewoordvoerder, sers. Khaya Matola-Mvanyashe, is die polisie Dinsdag deur lede van die gemeenskap na die toneel ontbied.
Die gemeenskapslede het die baba in die gat van die openbare toilet hoor huil. “Met hul aankoms het hulle daarin geslaag om die baba te red en haar na die Nelson Mandela- akademiese hospitaal in Mthatha gehaas vir mediese aandag.“
Die aanvanklike ondersoek dui daarop dat die baba in die toilet gegooi is, maar wonderbaarlik genoeg het sy die beproewing oorleef.
“Sy is die naam Kungenceba gegee, wat eenvoudig beteken dat dit deur God se genade is dat sy in sulke omstandighede lewend gered is,” het sers. Khaya Matola-Mvanyashe gesê.
Die polisie ondersoek ‘n saak van poging tot moord en verberging van geboorte. Matola-Mvanyashe het gesê die omstandighede rondom die voorval vorm deel van die ondersoek.
“Geen arrestasies is nog gemaak nie en die ondersoek duur voort.”
Bronne: MSN, The South African
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.
Lees ook: Pasgebore babadogtertjie in veld gevind



