Laaste episode van Op My Eish 2: Wie gaan Francois se hart wen?

Deel hierdie storie / Share this story

Suid-Afrikaanse kykers sit in en wag in spanning vir vanaand se laaste episode van Op My Eish! 2.

Wie gaan Francois kies?

Die laaste drie meisies wat nog oor is om Francois Jacobs se hart te probeer wen, is Nykie, Leyla en Claudia ná Francois verlede week vir Ceyloia die trekpas gegee het.

Stephanie Wait, ‘n adminlid op die Facebook-groep Op My EishFan Group, het vroeër hierdie plasing gemaak:

  1. Koop takeaways
  2. Sit die kinders vroeg in die bed
  3. As daar loadshedding is, kry dadelik ‘n vriend met ‘n generator
  4. As jou DSTV nie werk nie, kry ‘n vriend met DSTV
  5. Hou tissues byderhand

Wie dink jy gaan Francois se hart wen?

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.