‘As ek vir 24 uur ‘n man was, sou ek…’

Deel hierdie storie / Share this story

“Mans lê heeldag en aldag op die bank voor die televisie,” is wat die meerderheid van FiND iT se lesers meen na ons ‘n informele vraag gevra het: “Dames, as jy vir 24 uur ‘n man kon wees, wat sou jy eerste doen? En mans, as jy vir 24 uur ‘n vrou kon wees, wat sou jy doen?”

Elaine Crouse skryf: “Ek sou die hele 24 uur voor die TV sit en elke 2 min. die kanale verander en ook sommer vra wat is daar om te eet.”

Anna-Marie Swart stem saam en sê sy sal definitief heeldag niks doen nie. “Net foon en TV aan.”

“Ek sou onmiddellik niks doen nie. Voor die TV lê en die remote bewaar,” laat Clivé Burger hoor.

“Ek sou vir 24 uur straight kon slaap, agteroor sit en TV kyk, sommer lê en TV kyk en net order, order, order!”

Daar is darem ook vroue wat meen dat hulle nie graag in hulle mans se skoene sal wil loop nie. “Nee, dankie. Wil nie vir ‘n dag in my man se skoene staan nie. Hy staan vir 13 ure op sy voete en werk sy skoene deur vir ons! Ons waardeer elke sekonde,” laat Schantell Marais hoor.

Santa Haye skryf ook: “Nee, ek wil nie ‘n man wees nie. Ek bly maar liewer my man se vrou. Hy doen te veel vir my, kan hom enige tyd vra om iets vir my te doen.”