Ian Cameron gaan glo regstappe teen Cele neem

Deel hierdie storie / Share this story

Action Society se Ian Cameron gaan die polisieminister Bheki Cele aanvat.

Hy beplan regstappe nadat hy stilgemaak en verwyder is uit ‘n gemeenskapsvergadering wat Cele met inwoners van Gugulethu en Nyanga gehad het.

Cameron sê die minister speel vuil politiek, en wyk af van die werklike kwessies waarmee gemeenskappe te kampe het.

Action Society beskuldig hom daarvan dat hy die Wes-Kaap en sy kwessies verwaarloos.

Bronne: eNCA, Cape Talk, EWN

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Lees ook: DA staan ​​by aktivis Ian Cameron na Cele hom stilmaak