Die polisie het Vrydag 77 mense, onder wie kinders, uit ‘n kerk in Nigerië gered na hulle aangesê is om in die kerk te bly tot die wederkoms.
Die polisie het Vrydag deur die Whole Bible Believers-kerk gesoek na die 77 mense wat teen hulle wil in die kerk gehou is. Twee pastore is in hegtenis geneem.
Funmilayo Odunlami, polisiewoordvoerder, sê die mense is aangesê om in die kerk te bly tot die dag wat die wederkoms gebeur.
Een van die pastore het vir die kerkgangers gesê die wederkoms sou in April plaasvind, maar dat dit na September geskuif is.
Die pastore het selfs van die kinders oortuig om op te hou skoolgaan en die ander mense verbied om normale lewens te lei, omdat “die wêreld tot ‘n einde kom”.
‘n Pa, wie se kind in die kerk was, sê hy het alle toegang tot sy kind verloor en enigiemand wat die kerk probeer binnegaan het, is deur van die lede aangeval.
Die pastore is tans in aanhouding.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



