Politieke partye en die burgerlike samelewing gaan voort om die regering hierdie week oor die verwagte brandstofprysverhoging uit te daag.
Die Demokratiese Alliansie (DA) het gesê hy glo die brandstofverhoging sal ‘n erge finansiële en humanitêre krisis in die land tot gevolg hê.
Dit volg omdat ekonome gewaarsku het dat ‘n massiewe petrolprysverhoging aan die kom is. Daar word bespiegel dat verbruikers van Woensdag af naby R25 vir ‘n liter 93-oktaan kan betaal.
Kevin Mileham, DA-LP, sal na verwagting Maandag die media inlig oor die party se wetsontwerp oor die deregulering van brandstofpryse wat by die parlement ingedien is.
Dit het gesê die voorstel sal verligting bring vir Suid-Afrikaners wat reeds in geldnood is.
“Hierdie wetsontwerp poog om die Wet op Petroleumprodukte te wysig wat die minister die bevoegdheid gee om die prys van petroleumprodukte voor te skryf. Die primêre doelwit is om die brandstofsektor te dereguleer om sodoende mededinging in brandstofpryse te verhoog, wat beide op groothandel- en kleinhandelvlak bepaal word. Daar word in die vooruitsig gestel dat dit laer brandstofpryse vir verbruikers tot gevolg sal hê, aangesien kleinhandelaars meeding om klante te wen op grond van prysvlakke,” het Mileham gesê.
Bronne: MSN, EWN, 15 Minute News
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.
Lees ook: Eskom maan inwoners van Soweto oor voorafbetaalde meters



