Die gewilde Kaapse restaurant Societi Bistro, wat al Hollywood-sterre soos Hugh Jackman as gas gehad het, is na bewering in ‘n seksskandaal vasgevang.
Minstens ses mans het aan Weekend Argus gesê hulle is seksueel geteister, voorberei, gemanipuleer of aangerand deur vermoënde manlike kliënte, asook die man aan die stuur van die bekende restaurant in Oranjestraat, Peter Weetman.
Sommige kelners het die restaurant as ‘n bordeel in vermomming beskryf.
Die polisie is glo ook al na die restaurant ontbied toe een voorval hand-uit geruk het. Die restaurantvereniging van Suid-Afrika het gesê hy keur nie hierdie beweerde gedrag goed nie.
“Om die veiligheid van ons kliënte en kelners te verseker, was nog altyd ons hoogste prioriteit,” het die vereniging se president, Wendy Alberts, gesê en bygevoeg sy is “geskok” deur die bewerings en sal die saak met die eienaar opneem.
Bronne: MSN, IOL, Scoopnest
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



