’n Landdros by die Londense Westminster-landdroshof het Donderdag onvoorwaardelike borgtog aan Kevin Spacey toegestaan tot ’n volgende hofverskyning op 14 Julie. Die bekroonde Hollywood-akteur staan tereg op vier aanklagte van seksuele aanranding teen drie mans.
Spacey is aangekla van seksuele misdrywe, insluitend aanranding en nie-konsensuele penetrerende seksuele aktiwiteit in beweerde voorvalle in Londen tussen Maart 2005 en Augustus 2008, en een in Wes-Engeland in April 2013.
By Donderdag se verhoor is die 62-jarige akteur nie gevra om ‘n formele pleidooi te lewer nie, maar sy prokureur het gesê Spacey het alle bewerings ontken.
Spacey is een van die hoëprofielfigure wat van seksuele aanranding beskuldig word as deel van die #MeToo-beweging, wat veroorsaak het dat baie slagoffers van seksuele misbruik wat voorheen daaroor geswyg het in ‘n wêreldwye vlaag van protes uitgebreek het.
Die verhoor van 14 Julie, waartydens Spacey na verwagting gevra sal word om ‘n pleidooi te lewer, sal by die Southwark Crown Court in die suide van Londen plaasvind.
Bronne: MSN, CNN, The Guardian
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



