Wie gaan Francois se hart wen op ‘Op My Eish! 2’?

Deel hierdie storie / Share this story

Vyf vroue, wat alles in hul vermoë doen om Francois Jacobs te oortuig om húlle aan die einde van die maatsoekreeks Op My Eish! 2 te kies, is nou oor.

Aanhangers van die reeks gesels gereeld oor wie hulle gunstelingdeelnemer in die gewilde reeks is.

Die top vyf-finaliste tans is Claudia (28), ‘n naeltegnikus van Centurion, Juané (26), ‘n radiografis van Roodepoort, Leyla (23), ‘n digitale bemarker van Johannesburg, Shané (Nykie) (25), ‘n entrepreneur van Pretoria en Ceylonia.

Wie dink jy gaan Francois se hart wen?

Skakel volgende Donderdag om 20:00 in op kykNET vir die volgende episode van die tweede seisoen van Op My Eish!.

Foto: DStv