Oscar se eerste gesprek met Reeva se ouers

Gevangenes kan aan sulke gesprekke deelneem as deel van hul rehabilitasieproses sodat hulle die skade wat hulle aan hul slagoffer en die sameleweing berokken het, kan besef.

Oscar Pistorius (35) is terug in Pretoria na sy eerste gesprek met Reeva Steenkamp se ouers, Barry en June Steenkamp, sedert haar dood in 2013.

Luidens ‘n verklaring deur die departement van korrektiewe dienste (DKD) het Pistorius met Steenkamp se ouers vergader as deel van ‘n slagoffer-oortreder-dialoogproses.

Hy is in November 2021 vir die gesprek na die St. Albans-gevangenis in Gqeberha in die Oos-Kaap oorgeplaas.

Die DKD het die oorplasing bevestig.

Hoewel dit nie bekend is wanneer die paroolverhoor sal plaasvind nie, het die DKD bevestig dat Pistorius na die gesprek teruggeplaas is na die Atteridgeville-gevangenis.

Volgens Singabakho Nxumalo, woordvoerder van DKD, kan gevangenes aan sulke gesprekke deelneem as deel van hul rehabilitasieproses sodat hulle die skade wat hulle aan hul slagoffer en die sameleweing berokken het, kan besef.

Pistorius het Steenkamp op 14 Februarie 2013 in sy huis doogeskiet nadat hy haar vir ‘n inbreker aangesien het. Steenkamp was agter ‘n toe badkamerdeur.

Hy dien ‘n moordvonnis uit van meer as 13 jaar uit nadat hy in 2014 aan strafbare manslag skuldig bevind is.

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.