Polisie staak soektog na vyfjarige Lee-Verno van Wyk

Die familie bly hoopvol dat Lee-Verno uiteindelik lewend gevind sal word.

(Foto's: Care For You Foundation, Facebook)

(Foto's: Care For You Foundation, Facebook)

Volgens die polisiewoordvoerder, sers. Sharon Masegela, is die soektog na Lee-Verno van Wyk (5) gestaak.

Hy het bykans ‘n maand gelede vermis geraak toe hy ná skool saam met maatjies gespeel het.

Na bewering het die gr.R-leerder ongeveer 12:30 by sy niggie se huis aangekom. Hy en sy niggie is blykbaar na die treinstasie waar hulle ander maatjies gekry het, maar sy niggie is later die middag sonder Lee-Verno terug huis toe.

Die polisie sê hulle ondersoek steeds die verdwyning en is in kontak met die familie.

Gemeenskapslede gaan egter voort om na die seun te soek. Die familie bly hoopvol dat Lee-Verno uiteindelik lewend gevind sal word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.