Meisies uit “babafabriek” gered

Daar is ook wapens en kontant by die hotel gekry.

Ongeveer 35 tienermeisies is uit ‘n hotel in Nigerië wat as “babafabriek” gebruik is, gered. Die meisies is as seksslawe gebruik, waarna hul babas op die swartmark verkoop is, berig die Waarheid.

Die ongetroude swanger vroue word gesondheidsorg belowe en dan word hul kinders daarna van hulle af weggeneem.

In ander gevalle word vroue verkrag en so swanger gemaak.

Vier van die meisies wat gered is, was swanger. Daar is ook wapens en kontant by die hotel gekry.

Die polisiebeamptes het die klopjag uitgevoer op grond van intelligensie en wenke van inwoners in die omgewing. Drie verdagtes, waaronder twee mans wat die perseel bewaak het, en die assistentbestuurder van die hotel, is tydens die klopjag in hegtenis geneem.

In April 2018 het die polisie op ‘n babafabriek en twee ongeregistreerde weeshuise in Lagos toegeslaan en meer as 160 kinders, van wie sommige seksueel misbruik is, gered.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.