Tom Hiddleston word pa

Hy het bloot aan die “Los Angeles Times” gesê: “Ek is baie gelukkig.”

Tom Hiddleston word pa

Tom Hiddleston word pa foto: MSN

Tom Hiddleston gaan ‘n pa word. Die Loki-akteur se verloofde, Zawe Ashton, het Woensdgaaand ‘n bababoepie by die première van haar nuwe fliek Mr. Malcom’s List in New York City vertoon.

Die 37-jarige aktrise het ook die paartjie se babanuus in ‘n artikel met die tydskrif Vogue oor haar gereedmaak vir die rooitapytgeleentheid bevestig.

Die boepie se debuut kom weke nadat Hiddleston hul verlowing bevestig het.

Die 41-jarige akteur is al drie jaar lank in ‘n verhouding met die voormalige Fresh Meat-aktrise – wat hy ontmoet het toe hulle saam in ‘n herlewing van Betrayal in Londen se West End gespeel het – en ná bespiegeling dat hy die vraag vroeër vanjaar gevra het, het hy erken dit is waar. Hy het geweier om verdere kommentaar te lewer.

Hy het bloot aan die Los Angeles Times gesê: “Ek is baie gelukkig.”

Bronne: MSN, IOL, Female First

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Lees ook: Sangoma getraumatiseer na haar foto sirkuleer as leerling wat selfdood gepleeg het

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.