Man van Landsdowne dalk tronk toe ná noodlottige mesaanval op hond

“Dit was die eerste keer dat ek ‘n ou man so sien huil het. Die hond, Meira, was sy lojale metgesel – sy was alles vir hom.”

Man van Landsdowne gaan dalk tronk toe ná noodlottige mesaanval op hond

Man van Landsdowne gaan dalk tronk toe ná noodlottige mesaanval op hond foto: MSN

Die DBV sê geregtigheid het geskied nadat ‘n man daaraan skuldig bevind is dat hy ‘n hond wreed gesteek het en haar met sulke ernstige beserings gelo het dat sy uitgesit moes word.

Twee jaar ná die voorval in 2020 is Vicky Solomons van Landsdowne in die Wynberg-landdroshof ’n boete van R10 000 of 10 maande tronkstraf opgelê, wat vir drie jaar opgeskort is.

Cape of Good Hope SPCA, wat die aanklagte teen Solomons gemaak het, het gesê hy was voor die aanval in ‘n bakleiery met ‘n vrou betrokke en het sy woede en frustrasie op die hond uitgehaal.

Hy het Meira geskop en gesteek – en al het die mes in haar rug vasgesteek, het hy dit steeds met geweld verwyder en haar reg van die grond af opgelig. sê Jeffery Mfini, DBV-inspekteur.

Die hond het aan ‘n hawelose man behoort wat volgens Jeffrey Mfini, destyds ontsettend ontsteld was. “Dit was die eerste keer dat ek ‘n ou man so sien huil het. Die hond, Meira, was sy lojale metgesel – sy was alles vir hom.”

Die DBV het Meira se eienaar geprys omdat hy in die hof getuig het. Ondanks die feit dat hy haweloos en kwesbaar is, het Meira se eienaar dapper standpunt teen sy hond se aanvaller ingeneem deur in die hof te getuig.

Die vonnis stuur ‘n duidelike boodskap uit dat geweld teen diere net so onaanvaarbaar is as wat dit teen mense is, sê Jaco Pieterse, hoofinspekteur van die DBV.

Bronne: MSN, Cape Talk

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Lees ook: Helen Zille spog oor Kaapstad se verminderde beurtkrag

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.