‘Gimp Man’: Grieselrige figuur in latekspak terroriseer dorpenaars

Destyds is ‘n groep gestig om die Claverham-dorpie veilig te hou, maar die geheimsinnige man in latex het verdwyn tot onlangs.

'Gimp Man': Griezelige figuur in latexpak terroriseer dorpenaars

'Gimp Man': Griezelige figuur in latexpak terroriseer dorpenaars foto: MSN

In 2018 het ‘n man in ‘n latekspak genaamd die “Gimp Man” op dorpenaars in Claverham in die Verenigde Koninkryk “gespioeneer”. Dit het hulle vir hul lewe laat vrees.

Die volgende jaar is die man gesien waar hy deur ‘n venster na ‘n egpaar loer.

Volgens Metro is die geheimsinnige man – van kop tot tone in lateks geklee – terug. Hy het ‘n 19-jarige onderwysassistent en haar kêrel in die vroeë oggendure van Sondag 26 Junie die skrik van hul lewe gegee.

Volgens die BBC het die geheimsinnige Gimp Man op 1 September 2021 ‘n vrou in die Claverham-dorpie die skrik op die lyf gejaag, maar toe polisiebeamptes in kennis gestel is, kon hulle “nie die man opspoor nie”.

Die vrou het gesê haar kinders is “regtig verskrik” deur die geheimsinnige man. “Dit kan enigiemand wees en ek wil iets doen om mense te help om veiliger te voel,” het sy gesê.

Destyds is ‘n groep gestig om die Claverham-dorpie veilig te hou, maar die geheimsinnige man in lateks het verdwyn – tot onlangs.

Metro berig die Gimp Man het op 26 Junie vir Kiera Elston en haar kêrel genader terwyl hulle om 01:00 huis toe gestap het.

Volgens die publikasie het die man met sy arms uitgestrek na hulle gestap. Elston het dit beskryf as “die mees skrikwekkende ervaring van my lewe”.

“Teen die tyd dat ons hom gesien het, was hy baie naby en my kêrel het net vir my gesê om te hardloop,” het sy bygevoeg.

“Ek het die beeld in my kop van hom wat na my toe stap en na my staar. Ek is bang om te dink wat sou gebeur het as ek op my eie was. Ek is nog steeds baie geskud daardeur,” het die 19-jarige gesê.

Nadat Gimp Man deur Kiera en haar kêrel opgemerk is, het die polisie na die geheimsinnige man gesoek, maar hul soektog was onsuksesvol.

Steve Elston, Kiera se pa, het gesê hy is self op soek na Gimp Man. “Sy het die polisie gekontak, wat nie eers gekom het om ‘n verklaring af te neem nie. So ek sal hom self soek,” het hy gesê.

Bronne: MSN, Affluencer, Tribune South Africa

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Lees ook: Kenny Motsamai, EFF-LP, se aangenome dogter (14), ‘verkrag en vermoor’

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.