Helen Zille spog oor Kaapstad se verminderde beurtkrag
Die Stad is beskerm teen die swaarder beurtkrag omdat dit gebruik maak van die Steenbras Hidropompstasie wat elektrisiteit in die area opwek.

Helen Zille spog oor Kaapstad se verminderde beurtkrag foto: MSN
Terwyl die grootste deel van Suid-Afrika met fase 6-beurtkrag sukkel, kan Kaapstad op fase 4 bly, ‘n prestasie waaroor Helen Zille op haar Twitter-blad spog.
Op Twitter het Zille ‘n meme gedeel oor Eskom wat probeer het om fase 6 op die hele Suid-Afrika af te dwing, maar Kaapstad het met slegs fase 4 teruggeslaan.
Die stad is beskerm teen die swaarder beurtkrag omdat dit gebruik maak van die Steenbras-hidropompstasie wat elektrisiteit in die area opwek.
— Helen Zille (@helenzille) June 29, 2022
Bronne: MSN, The South African, Affluencer
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.
Lees ook: Kaapstad vermy Fase 6-beurtkrag