Kenny Motsamai, EFF-LP, se aangenome dogter (14), ‘verkrag en vermoor’

’n Moordklag sal nou bygevoeg word omdat die slagoffer nog gelewe het toe die verdagte sy eerste hofverskyning gemaak het.

Kenny Motsamai, EFF-LP, se aangenome dogter (14), 'verkrag en vermoor'

Kenny Motsamai, EFF-LP, se aangenome dogter (14), 'verkrag en vermoor' foto: MSN

Slap skyfies en ‘n sjokolade. Dit is die voedselitems wat moontlik met gif toegesmeer is wat Kenny Motsamai, EFF-LP, se aangenome dogter, Lindokuhle Makotshi, glo gegee is nadat sy verkrag is.

Motsamai het aan TimesLIVE gesê sy 14-jarige dogter is Maandagmiddag verkrag deur ‘n 25-jarige man wat in Katlehong woon.

Dit is dieselfde area waar die dogter saam met haar suster en ouma gewoon het. Motsamai en sy vrou woon in Sebokeng. Phindi Mjonondwane, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), het bevestig dat ‘n verdagte in verband met die verkragting in hegtenis geneem is. Hy het Woensdag in die hof verskyn.

’n Moordklag sal nou bygevoeg word omdat die slagoffer nog gelewe het toe die verdagte sy eerste hofverskyning gemaak het.

Die aanklaer is nie meegedeel dat die slagoffer na bewering vergiftig is nie. Die saak is vir ’n formele borgtogaansoek uitgestel.

Volgens Motsamai het hy Maandag omstreeks 14:00 ‘n oproep van die meisie se ouer suster ontvang wat hom laat weet het dat sy verdwyn het en hulle haar nie kon kry nie.

“Ek het soontoe gery, maar toe ek op pad was, het hulle gebel om my te laat weet sy het by die huis aangekom. Ek het ‘n paar minute ná haar daar aangekom. Sy was ‘n emosionele wrak en het gehuil. Sy het vir my gesê sy is verkrag.”

Motsamai het gesê sy dogter het vertel dat die man vir haar ‘n blokkie sjokolade en skyfies gegee het nadat hy haar verkrag het.

Hy het die polisie gekontak voordat hy na die vermeende oortreder se huis gery het. Hy het die man na die polisiestasie geneem waar hy aangehou is.

“Ek het hom self gearresteer,” het Motsamai gesê. Terwyl hulle met die polisie besig was, het Motsamai gesê sy dogter het begin kla oor kortasem.

“Sy het gesê sy sukkel om asem te haal. Ons het haar dadelik na die naaste hospitaal gehaas.” Toe hulle daar aankom, was sy dogter se gesondheid besig om agteruit te gaan. Die noodpersoneel het haar suurstof gegee en toetse begin uitvoer.

“Ná ‘n paar uur het hulle vir ons gesê sy is met rotgif vergiftig,” het hy gesê. Motsamai sê personeel het sy dogter vir die vergiftiging behandel, maar sy is Woensdagmiddag dood.

Bronne: Times LIVE, MSN

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Lees ook: Len Cloete se regterkant verlam, kan nie praat nie

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.