Len Cloete, die pa van sewe, wat in November verlede jaar deur die polisie by ‘n lodge in Muldersdrift geskiet is, kan steeds nie praat nie.
Die voorval het ook die regterkant van sy lyf verlam. In ’n video van die voorval wat op sosiale media viraal gegaan het, word gesien hoe ’n naakte Len op die polisie skree.
Hy haal ‘n vuurwapen uit die bedlaai en swaai dit voor die polisiebeamptes rond. Len word dan gesien waar hy ‘n vuurwapen van ‘n polisiebeampte gryp. Nog ‘n polisiebeampte op die toneel skiet ‘n enkele skoot en tref Len in die kop. Hy val op die grond.
Len was in en uit die intensiewe-eenheid en veg sedert die skietery vir herstel.
Volgens sy vrou, Chantel, is Len by die huis, maar sal nooit weer dieselfde wees nie. Lizzy Suping, nasionale woordvoerder van die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat, het gesê hulle moet Len nog ondervra.
“Ons moet toelaat dat die ondersoekproses sy loop neem. Opod moet die slagoffer ondervra. Ongelukkig is hy op die oomblik ongesteld.” Luke Enslin, ‘n hoofondersoeker vir Gespesialiseerde Veiligheidsdienste, het gesê weens erge skade aan die kop sal Cloete dalk nie in die afsienbare toekoms kan praat nie.
Len se familie het die private ondersoekmaatskappy kort ná die voorval aangestel.
“Sy mediese toestand is van so ’n aard dat hy nie kan praat nie; hy het ernstige breinskade. Een van die mediese verslae het uiteengesit dat die dokters skrapnel uit sy brein moes verwyder, en hierdie besering is die rede waarom hy nie kan praat nie.”
Bronne: The South African, MSN, IOL
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.
Lees ook: Jaco Swart verdwyn uit vrees vir lewe, sê prokureur



