Jaco Swart verdwyn uit vrees vir lewe, sê prokureur

Deel hierdie storie / Share this story

Die veroordeelde vroueslaner Jaco Swart het glo verdwyn omdat hy vir sy lewe vrees. Só sê Enoch Nethanani, sy prokureur, wat nege dae laas van hom gehoor het.

Nethanani weet glo nie waar Swart is of wat van hom geword het nie.

Hy het sy kliënt die laaste keer op 7 Junie gesien, maar praat elke week met hom op die telefoon.

“Ons moet elke week kommunikeer. Hy moet my ook elke week vir my dienste betaal. Ek het laas op 19 of 20 Junie van hom gehoor.”

Swart is ook veronderstel om teen die einde van die maand gesinsonderhoud te betaal.

Swart het beweer dat hy sowat twee weke gelede aangerand is en vrees vir sy lewe. Daarna het hy glo besluit om weg te kruip.

Bronne: Maroela Media, Netwerk24

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Lees ook: Jaco Swart na bewering ‘agt dae lank vermis’ – vriende vrees vir sy lewe